Breaking News
Loading...
Sunday 24 June 2007

Info Post
Ons het besluit om riglyne en ondersteuning (en nie ‘n algehele oop PAT) vir die voltooïng van die PAT in Graad 11 te verskaf. Dit is om leerders te lei sodat hulle, indien hulle ‘n oop PAT in Graad 12 sou kry, hulle beter sal weet wat om te doen en hoe om dit te doen. Hierdie PAT behoort dus die Gr 11's genoegsaam voor te berei vir hul Gr 12 PAT.

Omdat die opdrag taamlik spesifiek is en daar 'n sterk raamwerk gegee word, kan die assesseringskriteria ook meer spesifiek wees. 'n Mens kan die assesseringsinstrument dus eintlik meer spesifiek maak, wat beter leiding verskaf en die assessering op die ou end meer objektief maak.

Alhoewel daar gespesifiseer word uit watter afdelings die PAT bestaan, laat elke afdeling tog toe dat 'n leerder, binne die raamwerk wat gegee is, sy eie inisiatief kan gebruik en lekker kreatief kan wees.

In die gezipped leer vind die Taakbeskrywing, Assessering vir Fase 1 en 2 and ’n PPT om Fase 1 en 2 aan die leerlinge aan te bied. Daar is ook ’n leer van DiereSpore wat kan later gebruik word, indien nodig.

0 comments:

Post a Comment